'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Die assessore ondersoek die inbraak by Lek My Roomys, en Neels wonder of Xander genoeg versekering uitgeneem het. Dan vra hy vir Klara ‘n onverwagte vraag by...
Ná die inbraak by Lek My Roomys daag die polisie op en arresteer twee booswigte. Xander moet ook polisiestasie toe gaan, en Marnus besluit om in te gryp.
Mawiet wil ‘n plakkaat oorkant die pad opsit om meer reklame aan Die Boskombuis te gee, maar dan is daar ‘n onverwagse wending wat haar die skok van haar...
Xander en Marnus het ‘n groot uitval omdat Marnus so laag met sy vliegtuig oor Lek My Roomys gevlieg het. Mense kon seergekry het. Xander wil ‘n klag teen...
Jorrie het genoeg van Shaun se vlerkslepery by Lienkie gehad, en konfronteer hom. Elzebet is verheug want dit lyk of Die Boskombuis uiteindelik begin werk.
Jorrie is ontsteld wanneer daar blomme by Lienkie afgelewer word. Dan merk hy van wie af dit kom! Elzebet stel steeds belang om een van Marnus se erwe in die...
Marnus spot Xander oor sy blou oog, en dit vererger die spanning tussen hulle. Hy herhaal dat hy eendag die hele kloof sal besit en dat niks hom sal keer nie.
Lek My Roomys, Xander se roomysplek met die fabriek agter, open. Daar is egter allerhande dramatiese onderstomings.
Shaun het skokkende nuus oor Sybil, wat Klara nog meer ontstel. Lienkie is omgekrap omdat Marnus haar sketse opgeskeur het, en wil bedank.
Klara keer terug Schoemanskloof toe. Sy is bitter ontsteld oor wat gebeur het.
Klara kom voor ‘n doodloopstraat te staan wanneer sy haar herkoms probeer bepaal. Xander het ontstellende nuus vir haar oor sy soektog na haar herkoms.
Sybil erken teenoor Klara dat sy nog verlief is op Xander, en dat Klara nie reg is vir hom nie. Marnus trap Neels uit omdat hy Elzebet probeer beïnvloed oor...
Klara is bekommerd dat Xander moontlik die aand by Sybil deurgebring het, en stel ondersoek in. Jorrie laat weet vir Klara dat hy slegte nuus oor die...
Klara ontmoet ‘n oudvriendin van Xander, die ekstroverte en eksentrieke losbol, Sybil, en besef dat sy Xander onderskat het en eintlik nie behoorlik ken...
Xander en Klara kom in Johannesburg aan, en sy begin agterkom hoeveel jakkalsstreke hy werklik het. Marnus neem Elzebet in ‘n lugballon op.
Xander besluit om Klara Johannesburg toe te neem sodat hulle haar herkoms kan ondersoek. Hy wil haar graag aan een van sy eksmeisies voorstel.
Marnus verander van persoonlikheid en terroriseer Lienkie skielik. Wanneer sy na haar kontrak kyk, besef sy sy het haar vasgeteken, en dat sy hom nooit...
Shaun is terug, en besluit om Elzebet se aanbod te aanvaar en Die Boskombuis te herontwerp en daar te werk. Daar is egter iewers ‘n speek in die wiel...
Xander en Neels gaan mekaar omtrent te lyf met Klara tussenin. Sy besluit om hulle albei van haar grond te verwilder. Sy besef ook dat sy onverwags ‘n gevoel...
Marnus is baie geduldiger met Elzebet as wat hy met Lienkie was, maar selfs Elzebet besef daar is ‘n ander kant aan Marnus wat hulle nie eintlik ken nie - ‘n...
Showing the latest 20 of 3,070. Every episode is in the API: GET /v1/podcasts/pod_4c3yfzpmvyb10r3nykd22zan6q/episodes