Doen jou eie ding op RSG met Moneyweb podcast artwork

Doen jou eie ding op RSG met Moneyweb

by Moneyweb Radio · AF · Business, Investing

Elke derde en vierde Dinsdag van die maand gesels Palesa van Moneyweb met entrepreneurs oor hoe hulle hul besighede begin het, uitdagings oorkom het en nuwe geleenthede raakgesien het. Hoor meer oor hul stories, lesse en wenresepte, en kry praktiese raad en inspirasie vir jou eie entrepreneursreis.

123episodes
2018first episode
Weeklynew episodes
20 mintypical episode

Latest episodes

  1. Die kuns om kreatiwiteit in ’n suksesvolle onderneming te omskep

    Dr Michelle von Stein, stigter van Coral Bloom Studio en Suid-Afrika se Entrepreneur van die Jaar vir 2026, vertel hoe sy kreatiwiteit in ’n suksesvolle...

    21 min
  2. Hoe tegnologie ’n nuwe mark vir gesondheidsorg skep

    Christian Opperman, stigter van Adams Health, gesels oor die sakegeleentheid agter sy aanlyn gesondheidsplatform en die uitbreiding na ’n tweede onderneming...

    20 min
  3. ’n Internasionale produk kry plaaslike voete

    Benjamin Kleynhans, medestigter van Nasiol Industrial SA, gesels oor die onderneming se nano-bedekkings wat oppervlaktes teen water, vuilheid, vlekke en...

    19 min
  4. Die besigheid agter ’n veiliger werkplek

    Johannes Pedro Lenge van Thupangeni Group deel sy ervaring van die opbou van ’n onderneming wat ander besighede help om veilig en doeltreffend te werk.

    20 min
  5. ’n Plaas, ’n turksvy en ’n sakeplan

    Andries Burger van Tahlia Farm vertel hoe hy en sy vrou, Alicia, hul stadslewe agtergelaat het en stap vir stap ’n onderneming rondom die plaas begin bou het.

    21 min
  6. Sy het Suid-Afrika op die fiets verteenwoordig, nou stem sy klaviere

    Anriëtte Schoeman vertel van haar jare in die beroepsfietsrywêreld en hoe sy uiteindelik ’n heel ander rigting ingeslaan het as klavierstemmer.

    23 min
  7. Van tweedehandse markte tot nasionale sukses

    Rene Kinghorn, stigter van Baby Boutique Online, vertel hoe haar besigheid van tweedehandse babamarkte tot ’n suksesvolle nasionale onderneming gegroei het.

    22 min
  8. Van ouma se koumbuis tot eie onderneming

    Samantha Andreas, stigter van Shas Enterprise, vertel hoe haar besigheid ontstaan het en hoe sy deur uitdagings navigeer.

    23 min
  9. ’n Besigheid gebou in die middel van ’n pandemie

    Francois Breedt, stigter van Amity Perfumes, kyk terug op die afgelope ses jaar en vertel hoe ’n klein begin tot ’n groeiende onderneming uitgebou is.

    23 min
  10. Die resep agter Xpresso se sukses

    Nicolene Elhadad van Xpresso Café gesesls oor die storie agter die besigheid, asook die uitdagings en hoogtepunte van entrepreneurskap.

    19 min
  11. Van MasterChef tot meester-entrepreneur

    Andriette Georgiou vertel hoe sy Mondvol in ’n suksesvolle onderneming omskep het.

    17 min
  12. Hoe ’n Paarlse tegnologiemaatskappy die advieswêreld verander

    Martha Kokememoer, stigter van Headspace Technologies, gesels oor die storie agter die besigheid en hoe hulle finansiële adviseurs help om hul inkomste beter...

    20 min
  13. Heuning, harde werk en ambisie

    Nico Grobler, stigter van Honey Bee Group, deel die reis van ’n konsep tot ’n gestruktureerde besigheid.

    21 min
  14. Hoe Schoonhuid ware skoonheid herdefinieer

    Quintinn van Rensburg, stigter van Schoonhuid, gesels oor hoe hierdie besigheid gegroei het van ’n persoonlike storie tot ’n handelsmerk wat fokus op...

    23 min
  15. Van pizzabokse tot finansiële vryheid

    Danei Rall, medestigter van FinMaster, gesels oor hoe hul kreatiewe onderneming speletjies gebruik om mense op ’n praktiese manier van begrotings, beleggings...

    20 min
  16. ’n Smaak van Nederland wat ’n Suid-Afrikaanse droom bou

    Karike Norval, eienaar van Holland Bakery, deel die bakkery se geskiedenis.

    20 min
  17. Hoe ’n matrasonderneming deur leer en aanpas bly groei

    Rudo Kemp, stigter van Sloom, gesels oor sy agtergrond en die storie agter Sloom.

    20 min
  18. Van konsep tot kantoor

    Conrad Burger, stiger van X Furniture, verduidelik hoe hy ’n gaping in die mark raakgesien het en dit in 'n groeiende besigheid omskep het.

    20 min
  19. Die toekoms van waterverkope

    Andries Venter van Water ATM gesels oor Water ATM, ’n besigheid wat 24/7 toegang tot gesuiwerde water bied deur middel van outomatiese, kontantlose masjiene.

    18 min
  20. Suikervry en suksesvol

    Viljoen de Kock, medestigter van GUDGU, kort vir “Goedheid uit die grond uit”, gesels oor hoe ’n persoonlike uitdaging ontwikkel het tot ’n gewilde produkreeks.

    22 min

Showing the latest 20 of 123. Every episode is in the API: GET /v1/podcasts/pod_1r19430mh5aj8tbvstczv3h64r/episodes

More business podcasts →